Categories
Search


Advanced Search
Popular Articles
  1. CONTEXT OF THE OVERBERG DISTRICT MUNICIPALITY
  2. Download OICG Minutes here
  3. Click here for the Spatial Development Framework
  4. Explore the Overberg
  5. Click here to download application forms.
No popular articles found.
Popular Authors
  1. Johan Siebrits
  2. Reinard Geldenhuys
No popular authors found.


   

Featured Articles
» KWOTASIE: VERSKAFFING VAN BANDE
By Johan Siebrits | Published 11/19/2008 | Supply Chain Management

Die Overberg Distriksmunisipaliteit nooi u hiermee om kwotasies in te dien vir die verskaffing van bande aan die Raad.
Kyk hier vir spesifikasies van bande.

 

Verdere inligting is verkrygbaar tydens kantoor ure van Me D Kapot by Tel 028 425 1157.

Sien aangehegde vraelys wat u kwotasie moet vergesel.

 

Kwotasies in verseëlde koeverte en duidelik gemerk “Kwotasie vir verskaffing van bande” geadresser aan die Munisipale Bestuurder, Overberg Distriksmunisipaliteit, moet geplaas word in die Munisipaliteit se tenderbus, te Langstraat 22, Bredasdorp teen 3 uur op Donderdag, 27 November 2008, waarna kwotasies oopgemaak sal word.

 

Kwotasies wat laat, per faksimilee of e-pos ontvang word of wat nie aan die voorgeskrewe formaat voldoen nie, sal nie oorweeg word nie.

 

Die Munisipaliteit is nie gebind om enige van die ingediende kwotasies of die laagste kwotasie te aanvaar nie.  Enige poging om die Munisipaliteit te beïnvloed in die evaluering en keuse van kwotasies of kontrak toekenning sal  gediskwalifiseer word vir verdere oorweging.

  

MNR GW HERMANUS

WAARNEMENDE MUNISIPALE BESTUURDER
Recent Articles
» Click here for budget
By Johan Siebrits | Published 08/14/2008 | Budget

.

» Click here for IDP document
By Johan Siebrits | Published 08/14/2008 | Itegrated Development Plan
 .
» CALL TO PROSPECTIVE SUPPLIERS AND SERVICE PROVIDERS TO APPLY FOR LISTING AS A PREFERRED SUPPLIER ON OVERBERG DISTRICT MUNICIPALITY’S SUPPLIER DATABASE / UITNODIGING AAN VOORNEMENDE VERSKAFFERS VAN GOEDERE EN DIENSTE OM TE REGISTREER OP DIE OVERBERG DISTRI
By Johan Siebrits | Published 06/6/2008 | Supply Chain Management

OVERBERG DISTRICT MUNICIPALITY

 

CALL TO PROSPECTIVE SUPPLIERS AND SERVICE PROVIDERS TO APPLY FOR LISTING AS A PREFERRED SUPPLIER ON OVERBERG DISTRICT MUNICIPALITY’S SUPPLIER DATABASE. In compliance with the Municipal Finance Management Act (MFMA) and other regulations and to ensure a competitive procurement process, Overberg District Municipality invites all prospective suppliers to register on the Overberg District Municipality’s supplier database. The purpose of this database is to give all prospective suppliers an equal opportunity to submit quotations to the Overberg District Municipality.

 

The listing of any prospective provider whose name appears on the National Treasury’s database as a person prohibited from doing business with the public sector will be disallowed.

 

Application forms can be downloaded from the Municipality website at www.odm.org.za or it can be collected at the Overberg District Municipality’s offices at 26 Long Street / Private Bag X22, Bredasdorp during normal office hours.

 

Please note that on registration on the Overberg District Municipality’s Database does not guarantee business opportunities.

 

Contact person:

Miss D. Kapot

Tel. 028 – 425 1157 / E-mail dkapot@odm.org.za

 

Applications in clearly endorsed envelopes, “Database of Prospective Suppliers”, are to be sent to:

 

Mr. G.W. Hermanus

Acting Municipal Manager

Private Bag X22

26 Long Street

BREDASDORP

7280

OVERBERG DISTRIKSMUNISIPALITEIT

 

UITNODIGING AAN VOORNEMENDE VERSKAFFERS VAN GOEDERE EN DIENSTE OM TE REGISTREER OP DIE OVERBERG DISTRIKSMUNISIPALITEIT DATABASIS. Ingevolge die “Municipal Finance Management Act (MFMA)” en meegaande regulasies en om ‘n mededingende verkrygings proses te verseker, nooi die Overberg Distriksmunisipaliteit alle voornemende verskaffers uit om te registreer op die Overberg Distriksmunisipaliteit databasis. Die doel van hierdie databasis is om alle voornemende en verskaffers ‘n gelyke kans te bied om besigheid met Overberg Distriksmunisipaliteit te kan doen.

 

Die lysting van enige voornemende verskaffer wie se naam op die Nasionale

Tesourie se databasis verskyn as ‘n persoon wat verbied word om handel te dryf met die openbare sektor, te weier.

 

Aansoekvorms is verkrygbaar op die webtuiste van die Munisipaliteit by www.odm.org.za asook by die Munisipale kantore, Langstraat 26, Bredasdorp, gedurende normale kantoorure.

 

Let wel: Die registrasie op die Overberg Distriksmunisipaliteit se Databasis waarborg u geen besigheids geleenthede.

 

Kontak persoon:

Me D Kapot

Tel. 028 – 425 1157 / E-pos dkapot@odm.org.za

 

Aansoeke in duidelik gemerkte koeverte, “Databasis van Voornemende Verskaffers”, moet aan die ondergetekende geadresseer wees:

 

Mnr G.W. Hermanus

Waarnemende Munisipale Bestuurder

Privaatsak X22

Langstraat 26

BREDASDORP

7280

» Gestremdes gevra om te registreer
By Johan Siebrits | Published 11/8/2007 | News

Die Overberg Distriksmunisipaliteit is daartoe verbind om te verseker dat hul dienslewering alle inwoners van die Overberg bereik en dat almal ‘n regverdige geleentheid gebied word om hul volle potensiaal te bereik. Dit gebeur dikwels dat die Overberg Distriksmunisipaliteit werksessies en ander geleenthede reël waarby lede vanuit kwesbare groepe soos ondermeer gestremdes, uitgesluit word omdat die nodige kontakbesonderhede ontbreek. In die lig van die Overberg Distriksmunisipaliteit se verbintenis tot die bemagtiging van kwesbare groepe is besluit om ‘n omvattende databasis van gestremde inwoners in die Overberg saam te stel. Persone met gestremdhede word uitgenooi om me Shareen Pekeur, te kontak in die verband. Die inligting wat benodig word, sluit die persoon se naam en van, ouderdom, geboortedatum, adres, kontaknommer en of die persoon ‘n ongeskiktheidstoelae ontvang, al dan nie, in. Organisasies wat dienste aan gestremdes lewer, word versoek om hul kliënte se besonderhede te verkry en aan die Overberg Distriksmunisipaliteit beskikbaar te stel.

Inligting kan gestuur word aan me Shareen Pekeur by tel
028 4251157, faks 028 4251014, e-pos cpekeur@odm.org.za.


Kantoor van die Munisipale Bestuurder
Overberg Distriksmunisipaliteit
Privaatsak X22
BREDASDORP
7280

» ODM betrokke by internasionale kusskoonmaak aksie
By Johan Siebrits | Published 09/20/2007 | News

     
Die week van 10 tot 14 September het skole in die Kaap Agulhas omgewing deelgeneem aan ‘n internasionale kusskoonmaak aksie. Ses skole met ongeveer 300 leerders het gedurende hierdie week die belangrikheid van ‘n rommelvrye omgewing en veral kusgebied, geleer. Die koördinering van die projek is gedoen deur mnr Francois Kotzé en Gina Mentoor van die Overberg Distriksmunisipaliteit se omgewingsbestuur afdeling met die hulp van die Overberg Geïntegreerde Bewaringsgroep se Streekkuskomitee. Fondse is verskaf deur die Departement Omgewingskake en Ontwikkelingsbeplanning se Kuseenheid, terwyl die Coast Care afdeling van Agulhas Nasionale Park, Cape Nature en Kaap Agulhas Munisipaliteit ook bygedra het om te verseker dat die inisiatief ‘n sukses is.
     
Sestig leerders van Protea Primêr en Hoërskool Napier het Maandag besoek afgelê op Struisbaai waar hul toegespreek is deur Nicky Hess van Cape Nature. Op Dinsdag het Klipdale en Protem se leerders aan die beurt gekom toe hul Waenhuiskrans besoek het en aandagtig kon luister na mnr Hess se praatjie oor die gevare wat rommel vir die kusgebiede en sy inwoners inhou. Woensdag het sestig leerders van De Heide die geleentheid gehad om Kaap Agulhas se bes bewaarde natuurjuweel, Suiderstrand te besoek. Die keer is die praatjie deur Gerhard Pretorius van Agulhas Nasionale Park geleer en kon leerders die onaangeraaktheid van ‘n goed bewaarde kusgebied terdeë geniet. Op Donderdag en Vrydag het leerders van Laerskool Bredasdorp onderskeidelik die kusgebied by die Overberg Toetsbaan (OTB) en Agulhas besoek en is hul toegespreek deur Marinus Stoltz van OTB en Francois Kotze van die Overberg Distriksmunisipaliteit. Afgevaardigdes van die provinsiale kuseenheid, Mariene en Kusbestuur sowel as Coastcare het die uitstappies van die leerders meegemaak.
     
Nie net het die inisiatief die leerders meer bewus gemaak van die belangrikheid van ‘n skoon kusgebied nie, maar het hul ook die geleentheid gehad om rommel bymekaar te maak en iets by te dra tot ‘n skoner omgewing. En met die heerlike kospakkie wat aan hul voorsien was, was dit nie eens ‘n swarigheid nie.
Die Departement van Omgewingsake het aan elke skool ‘n inligtingsleêr oorhandig waarmee die leerkragte kon voortbou op die kennis wat tydens die praatjies en uitstappies aan die leerders oorgedra is.
     
Mnr Francois Kotzé van die Overberg Distriksmunisipaliteit het die skole en rolspelers bedank vir hul ondersteuning en het die vertroue uitgespreek dat die leerders die kennis wat hul die week opgedoen het, met hul sal saamneem vorentoe en die verantwoordelikheid vir hul omgewing sal aanvaar.
     

Click here for photos of Protem & Klipdale Schools

Click here for photos of Bredasdorp Schools

Click here for photos of Napier Schools

No articles found.